On Friday 24 August 2012 we had a small function for 45 guests at Sante Hotel and Spa and they requested some decor, flowers and hiring. We used our Black and gold french runners, golden underplates, black glass square vases with bright orange Gerberas, Yellow Gerberas and Yellow and orange Umbilatum lilies. The client also wanted lots of candles. It looked beautiful!
Op Vrydag 24 Augustus 2012 was hier ‘n kongres van 200 gaste by ons venue. Dokters van oral oor Afrika wat hier by ons ‘n funksie bygewoon het. Die funksie is organiseer deur Consult US. Dit was vreeslik mooi – goud, room en olyfgroene. Baie stylvol en mooi.
Die gaste het laat weet die eerste funksie in 6 jaar waar die gaste so lekker gedans en gekuier het tot laat.
Sien gerus nog fotos op on Kleine Marie Facebook blad.
groete
Chantell Janse van Rensburg
Kom na ons Kleine Marie bruidsmark op Sondag 9 September 2012 tussen 10:00 en 16:00. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om met die beste van die beste diensverskaffers in die bruilofs industrie aangesig tot aangesig te kan gesels. Dit is GRATIS toegang en ons gaan heerlike vingerhappies en wyne beskikbaar he vir alle gaste.
Ons gaan ook die venue pragtig optooi met die nuutste en gewildste decor en mooiste blomme! Diensverskaffers wat hier gaan wees en ONGELOOFLIKE aanbiedinge aan besoekers gaan bied:
Wade van Wades cakes vir smul lekker troukoek
Madre Kohn van Madre Kohn creative vir die mooiste trou uitnodigings
Dance domain vir paartjies wat graag wil leer dans vir daai eerste dans op die troue
Gideon Smit van PGS sound DJ- nuutste musiek en beligting
Henk Cerfonteyn wat vir ons musiek gaan maak op sy trekklavier
Classic Combis met die mooiste herstelde ou VW kombis
Madaleen van Madeleen beauty
Marni – make-up en haarstilis – baie lank in die trou industrie
Grethe – Lady Marmelade met haar bekende trourokke
Herman Agenbag fotografie
So maak seker julle hou die dag oop om te kom na ons Bruidsmark! RSVP my by chantell@kleinemarie.co.za en laat weet hoeveel gaste gaan kom sodat ons daarvolgens kan spysenier.
Sien julle hier!
Chantell Janse van Rensburg
Vestas huisdans were here at our venue Thursday 23 August 2012. What a nice hostel! There color scheme were black, gold and burgundy. They liked the Golden candelabras with a small flower posy in burgundy on top, with golden underplates and black licra chaircovers, black napkins and a lovely black twirl tablecloth. Gold and black are always a winner!
Thanks Vesta for having your dance at our venue, hope to see you here again next year.
Natasja se 40ste verjaarsdag partytjie was hier by ons venue Saterdag 18 Augustus 2012 en dit was soo mooi! Wat ‘n voorreg om so ‘n wonderlike vrou te ontmoet – sy is betrokke by die Universiteit van Stellenbosch en ‘n Doktor – sy doen ook wonderlike werk met die studente!
Natasja se kleurskema was swart, wit en silwer. Sy is mal oor Lisianthus en ons het dit by haar tafelruikers bygesit. Die tafeldoeke het ons Swart en silwer twirl tafeldoeke gebruik, en die stoeloortreksels wit en swart afgewissel. Die gaste het heerlike skemerkelkies en vingerhappies geniet met aankoms. Daar was lieflike broodtafel as voorgereg met gekaremeliseerde lewer patee, gerookte snoek patee, en ‘n groot verskeidenheid kase. Die hoofgereg was ‘n buffet en die gaste kon heerlik kies en keur tussen lamsboud en ons gewilde gestopde en gemarineerde hoender filette. Die nagereg was ‘n fees van klein potjies met tuisgemaakte sjokolade mousse, walnut en sjokolade brownie vingers en vele meer! Mmm heerlik!
Dankie Natasja dat jy so ‘n spesiale verjaarsdag hier by ons venue gehou het en dit was ongelooflik lekker om jou te leer ken.
Huis Visser se huisdans was by ons venue Woensdag 8 Augustus 2012. Dit is die 6de jaar wat ons hulle huisdans hou en hulle is, en bly ons gunstelling mans koshuis! Ons is mal daaroor om met die studente te werk en geniet die huisdanse altyd vreeslik.
Julie en Augustus is gewoonlik elke jaar die Huisdans maande. Ek is self ‘n oud Matie en het op die Bos groot geword en die studente hou ons op ons tone! Hannie van Huis Visser het die jaar die dans gereel en hy is ook gekies as Huis Visser se nuwe Prim vir 2012/2013 – Baie geluk Hannie! Ons het besluit om die kleure swart en aqua blou te maak – met skulpe en lelies in die tema en natuurlik – glas en kristal – met kerse. Ons het swart satyn twirl tafeldoeke, met swart stoeloortreksels gebruik, en dan die blou ingebring by die stoelbindsels en die “overlays”.
Gideon het vir hulle ‘n spesiale “bubblegum” shooter gemaak vir hulle welkomdrankies – natuurlik het dit goed afgegaan. Hulle het heerlik geeet en gekuier tot 24:30!
Dankie Huis Visser vir 6 jaar se Huisdanse saam met julle – elkeen is altyd baie besonder en het ‘n GREAT storie na die dans. Gelukkig het ons nie die jaar weer VISSE gebruik in die “centrepieces” nie!