Hi Chantell,Susan,Gideon en die hele Kleine Marie-span

Ek en Louis wil graag vir julle almal baie dankie se dat hulle ons spesiale dag so perfek gemaak het. Die set-up,dekor,blomme,kos,diens, alles was so wonderlik. En ons was baie beindruk ook met elk van die verskaffers wat julle vir ons aanbeverl het. Wade se koek…heerlik en beautiful. Gideon se DJ-skills…ons en ons gaste baie impressed…fotograaf het sy kaartjie gevat en was ook vol lof. Andred en Alison van I do-weddings…goeie diens en wonderlike mense. Baie dankie. Ons fotograaf het gese in sy 25jaar wat hy al troues doen, is julle venue die mooiste ooit.

Sonder julle sou ons nie kon nie. Soos ek reeds genoem het was dit ‘n massiewe challenge om die troue van Saudi af te reel, maar met julle hulp kon ons nie ‘n beter troudag reel nie. Elke liewe detail was perfek. Het soveel goeie feedback gekry van al ons gaste. Niemand het iets negatiefs te se gehad nie. Selfs nie eers skoonma nie.

Die tafelnr’s en Mnr&Mev kan julle hou en gebruik as julle belangstel. Die bunting ook. Ons het net die koekmes vergeet wat my ma sal kom haal wanneer dit julle pas.

Finansies gewys moet julle net laat weet wat die stand van sake is. Ons MC moes ekstra bottels sjerrie aanvra, maar weet ook dat daar nog toe bottels wyn op die tafels oor was. En ons laaste gaste is voor 11uur weg. Daar was mos oortyd ook ingereken in ons kwotasie. Nie seker hoe dit werk nie. En die breakage fee? Laat weet maar.

Ek kan regtig nie ophou om julle te bedank nie. Julle is ‘n amazing-span en julle het meer as ‘n diens gelewer, ons het vriende geword. Kyk op my facebook profile; die fotograaf het ‘n link opgesit met 146fotos op van die hele event.

Dra asb ons dankbaarheid oor aan die hele span.
Baie liefde en groete,
Jeanie&Louis van der Merwe xxx

(2014/09/18)


From: elouisediedericks [mailto:elouisediedericks@fastmail.net] Sent: 27 January 2014 13:45
To: susan@kleinemarie.co.za
Subject: RE:
Alles was Amazing! Ons het so baie komplimente oor die saal gekry. My ma hulle het veral baie van die draping gehou omdat sy so n slegte experience met my sussie se troue gehad het, so sy was maar n bietjie bang. Maar sy was baie impressedet julle!
En die blomme was alles daar weggedra deur my sussie en my skoonma want hulle se dis te mooi en daar te los. My skoonma veral het heel liries geraak oor die blomme en juis ook hoe mooi dit gelyk het in die centrepieces wat julle vir ons so op kort kennis gewing gebring het. Ek was ek oor die orange ruikers vir die gaste tafels en het amper begin huil toe die simpel mense daaret goed opdaag wat glad nie groot genoeg of vlak genoeg is vir dit wat jy gemaak het nie. Ons het mos juis vir hulle gevra wat diw mates is??? Ekt my darem bloediglik vir hulle vererg!
Weereens dankie – ek het vir my ma die invoice gestuur so sy behoort dit binnekort te betaal.
Vriendelike groete
Elouise
Sent from Samsung Mobile
——– Original message ——–
From: Susan Du Plessis
Date:
To: ‘elouisediedericks’
Subject: RE:
Liewe Elouise
Dit is ‘n groot plesier – ek sal later vandag daardie uitgawes vir jou stuur. Ek wil graag weet hoe jy van die res van die troue gehou het – was die drapeerwerk nie absoluut stunning nie – en die pragtige blomme (groot ruikers)???
Ek hoor graag van jou – jou handruiker was net so bitter mooi!!!
Laat weet tog asb.
Liefde
Susan
From: elouisediedericks [mailto:elouisediedericks@fastmail.net] Sent: 26 January 2014 17:22
To: susan@kleinemarie.co.za
Subject:
Hi Susan
Jy, Gerrie en Chrisna het darem maar troue gered gister. Ek kannie vir julle verduidelik hoe ongelooflik dankbaar ek is vir wat julle vir my gedoen het nie. Julle centre pieces het stunning gelyk!
Asb stuur vir my n invoice vir die moeite en die centre pieces van julle wat ons genruik het.
Baie liefde
Elouise
Sent from Samsung Mobile
(2014/05/15)


Hi Chantell

Hoop dit gaan goed,ek wil vir Chantell en span se baie,baie dankie,vir alles,ons wardeer dit baie,die saal was mooi,die kos was baie lekker,die gaste kon nie ophou praat van die venue ek kos nie,ek is nie spyt ek het gebruik gemaak van Kleine Marie nie,weereens baie dankie

EMERENCIA
Wedding on 30 March 2014


ABIA Star Of The Day Nominations
Link

(Updated 2013/05/10)


Dear Chantell

Hope you are well and that the wedding season hasn’t been too hectic on you.

I would just like to thank you for everything you did to make our wedding as PERFECT as it was on 16 December 2013. I must commend you are our team on your hard work, professionalism, kind and friendly nature, since the day we viewed the venue until our wedding was over. The venue was breath-taking, it looked more beautiful than we could ever have imagined. The service received from all the staff was brilliant. We appreciate everything you did for us, our special day was BEAUTIFUL thanks to the Kleine Marie team, please do pass our gratitude on to the rest of the team.

We received our wedding photos and there are some stunning photos of the décor, and some of the beautiful landscape on the estate. I have attached a few of the photos for you to have a look at. Please let me know if you would like to have some more of the photos, we are more than willing to share them with you.

Regards to everyone at Kleine Marie.

Candice Rittmann
Cliffe Dekker Hofmeyr Inc
(2014/02/17)


Goeie More Sune / Gideon

Baie dankie vir al julle moeite en harde werk vir gistermiddag se funksie.
Ek gaan definitief julle aanbeveel en weer van jul dienste gebruik maak.

Lekker dag.

Celeste Katts


Goeiedag aan die Kleine Marie span

“Stunning venue” “Beautiful décor” “Awesome food”

Baie dankie dat julle uit julle pad uit gegaan het om van ons jaareindfunksie so ‘n groot sukses te maak. Dit was lekker om van die begin af ‘n gemaklike pad met julle te kon stap, omdat julle die belangrikheid van uitstekende diens en om die kliënt altyd eerste te stel vervolmaak het. Almal se vriendelikheid en behulpsaamheid was opmerklik. Die saal het ongelooflik mooi gelyk en die kos was uit die boonste rakke. Dit het baie daartoe bygedra dat ons personeel spesiaal gevoel het en hulle is baie beïndruk met die ‘venue’ en kos.

Spesiale dank aan Chantell, Gideon en Anna. Niks was vir julle te veel moeite nie en julle het uit julle pad uit gegaan om ons belangrik en gemaklik te laat voel. Dra ook ons dank oor aan julle 2 kroegmanne en die kelners wat ons met vriendelikheid bedien het.

Ek wens jule net die allerbeste toe vir die toekoms. Mag daar nog vele suksesvolle en spesiale geleenthede te Kleine Marie gehou word. Julle verdien sukses.

Vriendelike groete
Corné Basson
Nedbank
29 November 2013


Hallo Julle,

Baie Dankie, vir n BAIE LEKKER aand. Kos was van hoë gehalte! Ek sal julle definitief aanbeveel.

Michelle Stander
Pnewmatics pro
26 November 2013
Year-end Function


Good day

I came back to work today and wanna thank for the beautiful venue you prepared for my big day. It was really beautiful, and loved everything you did to it.

I will surely recommend your place to upcoming brides, as I intend to be a wedding planner and organise for every client that I might have to get married at Kleine Marie.

Could you please tell me where I can enrol for a course in order for me to be a qualified wedding planner?

Kind Regards and all the best

Thandolwakhe Tom


Dear Susan and the Kleine Marie Team

Just a note to say THANK YOU for your exceptional service, hard work and helping us create the perfect atmosphere at our wedding. You were incredibly accommodating, efficient and easy to work with.

As soon as I walked into the reception area I couldn’t take my eyes off the tables. The setting was absolutely breathtaking!!! The flower arrangements, draping and candlelight set a truly romantic ambience. Everything was flawless!!! The flowers looked like they were freshly picked and it lasted for weeks after the wedding.

As special thank you for my bridal bouquet! I nearly passed out when I saw the stunning orchid arrangement

You are amazingly gifted people and we received so many compliments in your favour.
A few wedding images on Du Wayne Denton’s Blog:

Link

Regards,

Lindsay Furlong
3 Novemeber 2012 getrou


Hi Chantell,

Ek hoop dat dit baie goed gaan.

Ek will graag hiermee vir jou en Gideon en jou ongelooflike fantastiese span baie dankie se vir die wonderlike diens en dat julle ons dag baie spesiaal gemaak het,

Die venue het so mooi gelyk, asemrowend, die staf was vriendelike en vinnig en baie behulpsaam, die kos….WOOOOOOOW, Gideon jy het jouself oortref baie dankie.

Ons waardeer elke klein dingetjie wat julle vir ons gedoen het.

Chantell, is daar enige deposito wat moet terug kom na ons toe, het julle toe uitgewerk hoeveel koffie en tee gedrink was?

Weereens dankie 🙂

Kleine Marie is PUIK, UITSTEKEND en WONDERLIK!!

Groete
Chenelle en Pieter van der Walt
23 Maart 2013 getrou


Hello Chantell en span

Ek en Corne wil net nog graag baie dankie se vir ALLES wat julle vir en by die onthaal gedoen het asook die kerk se blomme! Alles was perfek net soos ons dit wou gehad het! Die dekor en blomme was bitter mooi! Gideon – al die kosse was heerlik!! Dit was wonderlik om saam met julle Kleine Marie span te werk!

Chantell ek wag nog vir ons troufoto’s, maar sal dit dadelik op facebook laai as ek dit kry!

Weereens baie dankie vir alles!

Vriendelike groete
Stefanie & Corne
12 Januarie 2013 getrou


Goeie môre Chantell!

Hoop dit gaan goed julle kant? Ek sien julle is alweer lekker aan die gang!

Ek’s uiteindelik klaar met al die opvang na die troue en “honeymoon”! Aaklig om terug te wees…maar nou ja…kannie verewig op die beach lê met cocktails nie!

Ek wil eerstens net weereens dankie sê dat julle ons dag so spesiaal gemaak het…ek het nog net ‘n smsie gestuur en nog nie daarby uitgekom om te e-mail tot nou nie (so jammer)! Daar is absoluut NIKS wat verkeerd gegaan het nie…en MEESTE daarvan is te danke aan julle! Julle is werklik ‘n goeie span en gee om vir elke liewe bruid! Stuur asb. ons dank aan Gideon ook…hy was absoluut fantasties met die “run” van ons troue! Laat weet asb. of ek iewers vir julle ‘n “post” kan plaas oor die aand…nie dat julle die publisiteit nodig het nie…maar ek het GEEN probleem om dit te doen nie!
Liefdetjies

Lee-Anne Kannemeyer
05 Januarie 2013 getrou


Hallo Susan

Ek het reeds met Margariette gesels en baie dankie gesê, maar ek wil ook vir jou en Chantel sê dat ons SO TEVREDE was met die blomme op die ou end! Dit is nou ‘n week later en die blomme lyk nog net so mooi – staan my kantoor, my huis en Lara se huis vol!! Dit het pragtig gelyk en dit hou nogsteeds!!

Ek het ook vir Margariette gesê dat ons baiekeer van hierdie 25L emmers het wat ons soms van ontslae moet raak en haar gevra of julle nog van dit sal kan gebruik, so ek gaan vir julle ‘n paar aflaai sodra ek in daardie rigting kom.

Susan, dit was die 2de van my kinders se troues en vir beide het Kleine Mari die blomme gedoen en weereens is ons baie tevrede – baie dankie hoor! Julle is staatmakers!

Liefdetjies

Christa du Plessis


Hi Chantell,

Hoop als gaan goed, weereens baie Dankie, Dankie vir alles, die wedding was perfek ek sou niks verander nie, en was en is hoogs tevrede met als wat julle vir ons gedoen het, julle is definitief die word bekwaamd se beskrywing. Ons kry nog steeds complimente van die kos, die décor die diens baie van die blomme en center pieces, ek kanie wag vir die photo’s nie, als was verby perfect en ek is so so bly en gelukkig dat ek en Bronwin die regte besluit gemaak het met Kleine marie vir ons spesiaale dag, wat julle sprokies gemaak het.

As jy tyd het stuur gerus my die Abia goedjies, ek will dit voltooi,

Asseblief as ek mag vra, dra ons dank oor aan almal, Gideon vir die kos, dit was heerlik, en meer as genoeg die mense het teveel kueses gehad, die desert was Heavenly selfs sonder wade se treats was daar teveel om van te kies,
Aunty Anna en die waiter staff, Aunt Anna so geduldig en vriendelik, baie Dankie ek en my gaste het dit ge waardeur,
Susan en jou pa wat ook by Wiesenhof gewees het, baie Dankie,

Die set-up van Wiesenhof, Perfect, I can honestly sa it’s the perfection and details people appreciated and noticed, we have two couples getting married 2014 who asked about Kleine marie, I already fwd your details,

Then last, certainly not least, you, Chantell Dankie, jy was a engel, jy het my so gehelp en bestuur dat ek als kon by bly, ek kon nie die dag so gedenk het sonder jou vision, picture and help nie. Ek weet soms was ek knaend jou baie gepes, baie goedjies aanhoudend verander, maar na die einde van die dag is al wat ek kan se net Dankie, jy het my gemak en belangrik laat voel en dus nie a gevoel wat geld kan koop nie, dit was jou persoonlikheid en liefde vir die industrie met bruid se belange wat my baie geraak het, nogmaals en vele danke.

Ek wens jou, jou gesin, en personeel n Voorspoedige jaar, mag als wat mooi is net julle lewens vul, en mag julle meer streef as a besigheid want julle verdien als en meer.

Mooi Groete, Wonderlike dag, en baie liefde
Janet & Bronwin


Hallo Chantelle.

Hoe gaan dit daar? Baie goed die kant. Ons is ook weer uiteindelik by die huis na ‘n heerlike honeymoon.

Ek wil net baie baie dankie sê vir ‘n wonderlike troue als was so perfek en mooi. Die tafels die blomme die dekor als was ongelooflik. Die kos was uit die boeke die mense kon nie uit gepraat raak oor die kos en die heerlike nagereg nie. Ek moet dit weer sê jul is ‘n uitstekende span en ek is besig om al mny vriende wat wil trou of gaan trou na jul te verwys. Jul is ongelooflik. Sal jy dit asb aan jou span oordra.

Ek wil net graag terugvoering hê oor die deposito? Weet dit is nou baie besig daar by jul maar as jy my net dalk kan laat weet asb.

Weereens baie baie dankie.
Lekker aand
Die Cordiers!!


Hello Chantell

Eerstens, ek vetrou dat jul n geseende kersfees gehad het en ons wens jul net die beste vir julle in 2013. Gods rykste seen.

Ek hoop dit gaan goed met julle? Namens my n my VROU wil ek net van hierdie geleenheid gebruik maak om vir julle baie baie baie dankie tese vir n wonderlike/pragtige/fantastiese troue wat jul vir ons gegee het. Ons waardeur dit regtig baie, ons sal defnitief julle verwys na ander mense.

Ons gaste kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi als was en hoe lekker die kosse gesmaak het nie(die Halaal mense ook) nogmaals baie baie danki, Jammer dat jul nou eers van ons hoor.

Het als darem aan julle kant OK gewees? Ek verstaan dat daar n spieel gebreek het? Sal julle dit sommer van die Deposito aftrek?

Groete vir jou man en jul span

Mnr & Mev Roland Beukes


Hey Chantell

Ek en Leon wil net se baie baie dankie vir ons pragtige blomme! Dit het regtig al ons verwagtinge oortref en ons het so baie komplimente ivm daarmee ontvang. Dit was ‘n pragtige dag en niks het skeefgeloop nie. Aangeheg is ‘n paar fotos. En dan wil ek ook net seker maak of julle alles terugontvang het vanaf Skilpadvlei?

Hoop jy kon darm Kersfees geniet en dat dit nie net werk, werk, werk was nie!

Voorspoed en alles wat mooi is vir 2013!

Groete Telana en Leon


Hello!

Ek wou net weereens dankie sê vir ‘n wonderlike dag Vrydag.

Ons staff was baie beindruk met die wonderlike venue en vriendelike staff en amazing kos!

Sê aseblief dankie vir almal wat betrokke was in wat ook al hulle gedoen het om die dag moontlik te maak… ek weet julle het letterlik “blew off the roof” en “broke down walls” vir ons funskie.

As daar enige iets is laat weet maar ander as julle enige iets opgetell het daar laat weet maar ook (lost and found).

Hoop die naweek was smooth sailing gewees anders moet julle almal ‘n lekker festive season he ne mag 2014 nog groot dinge inhou.

Groete

Devon Anderson
Fochini Menswear Design Team


Hi Chantall,

Het die vormpie ingevul kan net weereens vir julle dankie se vir jul excellent diens. Dit was beyond ons expectations!!!! almal se n regte “Top Billing” troue. dra asb dank oor aan Gideon,Susan en almal. Dankie vir julle geduld en ek kon nie dink ons sou van ver af so n pragtige troue beplan nie.

Baie Dankie en GoDs Rykste seen aan julle vir die Kers seisoen

Priscilla


Liewe Chantell, Gideon en Susan,

Ek wil net vir julle weereens BAIE DANKIE se vir n great jaar-eind funksie Vrydagaand. Van die beplanning in Augustus tot Vrydagaand was dit net n plesier om met julle te werk – en ek waardeer all julle geduld en ‘flexibility’.

Ek wens vir julle en julle gesin n baie geseende feesseisoen toe, en mag 2013 net suksesvol wees.

Groete
Heste


Hello Chantell en hele Kleine Marie span

Wow, wow….uit die diepte van my en Winston se harte…tien duisend dankies vir Saterdag…die kosse en saal was perfek.

Almal praat van hoe heerlik die kos was en hoe stunning die saal gelyk het.
Ons het ons gate uit geniet.

Duisende dankies aan Anna ook..

Weereens baie dankie aan jou man vir sy smul lekker kos…en vir al jou hulp,bystand en advies hierdie 1.5jr…ek’s so dankbaar dat julle ons kon help.

Mag Onse Hemelse Vader julle besigheid onsettend baie seen en mag dit net voorspoedig wees.

Baie liefde en groete
Mev Renata Fry


Hello Chantell

Hoop dit gaan sommer baie goed met julle.

Mense praat nou nog van julle lekker kos en hoe mooi die saal gelyk
het..almal het hulle so geniet. My oom van Australie en sy familie was
vreeslik beindruk…hulle het omtrent foto’s van julle plek geneem.

Soos ek al vroeer genoem het, die dankies wat ek se voel baie min…maar
weet dat en Winston als so baie waardeer en die dag sou nie spesiaal sonder
julle gewees het nie.

Duisende dankies aan jou en die hele Kleine Marie span…julle is die beste.

Ek het so oor julle gebrag by Wium van Kerwel wat saam met my werk en
volgende jaar daar by julle trou…hy wil ook nou sommer vroeer trou

Weereens wens ek julle onderneming GOD se rykste seen en mag dit net
voorspoedig gaan.

Baie liefde, mooi bly en sterkte met al julle funksies (maar julle het nie
sterkte nodig nie…want julle is amazing en die beste)

Mev Renata Fry


Ons het ‘n wonderlike ervaring gehad en ek weet daar is nog sommer baie
mense wat soos ek voel.

Julle is great!!!! En ek sal dit op Tafelberg gaan verkondig heheee.

Mooi bly en baie liefde

Mev Renata Fry


Hi Chantelle

Hoop dit gaan goed. Ons het nog nie weer gekomunikeer na ons funksie nie. Dit was baie lekker, die staff het dit ongelooflik geniet, julle kos, saal, staff, alles vas eenvoudig perfek.

Groete en ek is seker ons sien julle volgende jaar weer.

Stian Terblanche
Hydro Manager


Wil net weereens baie dankie sê vir al julle moeite – dit was regtig BAIE mooi! Die kos en die bediening was ook fantasties!

Nettie Coetzee


More!!
Baie baie dankie vir Saterdag. Dit was fantasties en daar het absoluut niks skeefgeloop nie.
Se ook vir Anna baie dankie vir al haar moeite.
Dit was als waaroor ek gedroom het.
Liefde Anina


Hi Chantell,

Baie, baie dankie vir al die wonderlike funksies wat julle oor die afgelope 12 maande vir ons gereël het. Die diens is fantasties, die eetgoed wonderlik en alles loop net altyd glad.

Ons almal by Absa waardeer dit. Ek verwys gereeld ander afdelings by ons na julle en ek moet bieg dat julle kwotasies altyd die beste is in vergelyking met ander instansies. Nie net is julle die goedkoopste nie, ons kry regte waarde vir geld. Baie dankie vir die puik diens! Julle maak elke oomblik spesiaal en uniek.

Chrizelda van Reenen
Absa Stellenbosch


Hi Chantell,

Wil net baie dankie se vir julle “diens” van gister…
Die kos was ongelooflik lekker – die ‘feedback’ was baie, baie positief…!

Ek wil he jy moet tog vir jou mensies wat hier was ook baie, baie dankie se….
Hulle was so profesioneel, effektief….raak vat…en vriendelik… Wat ‘n span!
Baie dankie…ek sal Kleine Marie se dienste met groot vrymoedigheid aanbeveel.

Weereens – baie dankie!

Groete
Ray


Hi Chantell,

Ons wil jou en jul span net BAIE DANKIE se vir al die reelings en ook vir ons onvergeetlike dag.

Lekker dag verder.
Groete,
Lindsay


Hi Chantell

Ek wil maar net dankie se vir ons huisdans. Ek sal julle sterk aanbeveel vir volgende jaar. Die dans was asemrowend mooi en die kos was net so lekker! Die meisies kan nie ophou praat van die venue nie.

Baie dankie!
Vriendelike Groete

Carina Brits


Troue was absoluut amazing! Die kos was BESONDERS lekker gewees! Julle venue het definitief die troue ‘n droom gemaak, dit het gevoel soos ‘n sprokies wereld! J sal fotos aanstuur sodra ons hul ontvang.

Baie dankie weereens vir ‘n onvergeetlike troue J Julle almal is super amazing!

Xx
Megan en Don


Hi Jorisna
My wedding was absolutely perfect, the venue was perfect, the weather, the food absolutely everything just went right. Thanks to everyone who was involved. You guys did an excellent job, the bouquets were stunning thanks. The tables and centre pieces were all beautiful.

Thanks
Karry


Dear Susan
Thank you so much for all your hardwork and beautiful flowers you and your team did for my daughter, Michaela’s wedding on the 4th April. The church looked wonderful,the bouquets delightful. The venue looked lovely with all the arrangements and candle light. So many guests commented on the combination of proteas,roses and fynbos(& porcupine quills).

It was of special interest to the guests here from London.Gave a great South African touch. Several friends and family members continued to enjoy the table arrangements afterwards and Fiona and I have loved the two huge ones -lasted extremely well.

Special thanks and very best wishes.
Jennifer Wynne


Hi Chantell,
Ek hoop dit gaan goed met jou? Ek het gedink ek sal n paar fotos vir jou stuur van al jou skeppinge op die troue – ek het soveel komplimente gekry vir die ruikers! Hulle was rerig so spesiaal. En die gypsophila ruikers met die fairy lights was ook so gorgeous! Alles was net perfek – ek kon nie vir mooier gevra het nie.

Baie dankie aan jou en jou span – julle het n great job gedoen!
Groete,
Heloise
Heloise Nel (nee van Zyl)


Hi Susan,

Eerstens wil ek net se dat ons die glas keels en staanders vir die konfettie by ons het. Laat weet asb wat vir jou die gerieflikste sal wees om dit by jou te kry. Tweedens en seker die belangrikste is om DANKIE te se. Die lokaal was baie mooi en smaakvol opgemaak. Die rooi rose was pragtig en Carnel se ruiker met die kristalle was beautiful. Bowendien was ons baie gelukkig ten opsigte van die weer.

Dit het nie een keer gereen wat ons buite was nie. Vandat die bruidskar gestop het totdat ons in is vir die onthaal, het die wind nie eers gewaai nie – dit was wel betrokke, maar nooit regtig koud nie. Die ruiker in Simons was ongelooflik mooi – julle KAN blomme doen. Carnel se skoonma het dit na hulle huis geneem, want hulle het gister daarheen gegaan en hulle wou nog fotos neem.

Baie dankie nogmaals en liefde,
Hanlie


Dear Chantell & Susan,

We hope you are keeping well. We are now back in Dublin again after an amazing 3 weeks in South Africa. We wanted to say THANK YOU for all your help with the flowers and decoration! It looked absolutely stunning… The flowers were just amazing and looking at the photos now, we are so impressed with the choice of colour and flowers.

You did a wonderful job and we are so happy that we have decided for you to look after this important part of our Wedding, we couldn’t have asked for more!! Thank you so much for making this big day so special and perfect for us! We will definately recommend you to our friends and family! Wishing you all the best and lots of success for the future!

Best Regards,
Gian & Christina


Ek het met die openingsfunksie afgestap en die blomme van nader by beskou en toe het ek eers waardering vir jou massaruiker gehad. Dis ongelooflik hoe’jy sekere blomme tipes treffend gekies het wat vanaf `n afstand mooi afwys, en so is die ruikers beide van naby en op `n afstand pragtig.

Die kleure in die rangskikking is warm en positief. Dit verleen presies die sty[ aan die geleentheid wat ons verlang het en wat gepas is vir so `n kongres met uistaande nasionaie en internasionale sprekers. Ek sien ongelooflik uit na Donderdagaand. Baie sterkte vir julle voorbereidings!

Groete,
Lynn


I very BIG thank you to you for the wonderful and impeccable service we experienced whilst planning Gary and Samantha Petersen’s wedding. No doubt that I will definitely use your spIkendid services and products again soon.

All the best and regards!
Colleen Norkie


Hi daar!

Ek wit net tonne dankies se vir jou aandeel in my mooi dag! Dit was perfek! Die blomme was `n hit en ek het soveel komplimente daaroor gekry. My pelle het gefight om dit huis toe te vat! Ek het self net my ruiker kon huis toe vat. My ma het darem die groot bos rose gevat en skoonma die hooftafet se ruiker. Dit was so mooi! En die drapes het net soveel komptimente ontvang. Ek gaan jou defnitief aanbeveel vir almal wat trou!

Liefde
Regards,
Carla Hanekom / Word 4 Word Marketing for Somerset Mall


Dear Susan,

I am so sorry not to have contacted you before to thank you for the flowers for Debbie’s wedding. The motherboard on my computer ‘died’ the Monday after the wedding and what with Easter I have only now got it up and running again. Anyway, better late than never. Thank you for the lovely displays, bouquets and boutonnieres.

All our guests admired the table decorations and Debbie was very happy with the result, and especially loved the roses. You will have noticed that one of the table vases was broken – my apologies for that, but the R500 deposit should more than cover the cost. I don’t know if you took photos before we all arrived – but many were taken at the tables, so when I get some I’ll send you a selection that shows off your lovely work. Once again, many thanks, Susan.

Best wishes,
Ann


Hallo Susan,

Ek is uiteindelik in die land en ek wil net vir jou en jou span baie baie dankie se vir die opmaak van die saal en al die blomme. dit was ongelooflik mooi gewees. dit was ‘n onvergeetlike aand en verseker die lekkerste aand en my lewe. Baie dankie dat jul so hard gewerk het om dit so mooi vir ons te maak. ek waardeer dit! ! ! baie baie dankie geseende kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar. als wat mooi is vir jul. Jul doen’n great werk.

Groete,
Natalie en Rijan


Hi Susan/Chantell,

A big thank-you to you and your team for the wonderful decor at my wedding on 18 April 2009. Everyone commented on how beautiful the arrangements were and the colour of the flowers. And thank-you to Maggie for being wonderful in that she made me a white bouquet as I originally requested, instead of the yellow. Thanks once again Kleine Marie for playing your part in making our day a success.

Regards.
Laetitia & Franklin


Dearest Susan,

Now we are back at home… unfortunately. We had such a beautiful time in SA’ Thank you so much for the very lovely evening you organised with your husband for us. The decoration was so beautiful and the dinner excellent! The flowers looked lovely ? just the way I love it! Thank you and the entire crew for making our dinner so nice. Everyone of the crew was so busy but everything seemed so easy for us. Your husband is a genius!!! It was a shame that I couldn t meet you but I hope we will keep in touch and see each other one. day. We really want to come back to Cape Town. It is such a beautiful place ? the most beautiful I have ever seen.

I send you all my love from snowy Germany,
Sybille


Hello Chantell en hele Kleine Marie span

Wow, wow….uit die diepte van my en Winston se harte…tien duisend dankies
vir Saterdag…die kosse en saal was perfek.

Almal praat van hoe heerlik die kos was en hoe stunning die saal gelyk het.
Ons het ons gate uit geniet.

Duisende dankies aan Anna ook..

Weereens baie dankie aan jou man vir sy smul lekker kos…en vir al jou
hulp,bystand en advies hierdie 1.5jr…ek’s so dankbaar dat julle ons kon
help.

Mag Onse Hemelse Vader julle besigheid onsettend baie seen en mag dit net
voorspoedig wees.

Baie liefde en groete
Mev Renata Fry (haahaa)


Hi Gideon

Eerstens – WOW!!! Die kos gisteraand was uitstekend!! Ek kan nie onthou wanneer laas ek dokters sien gaan het vir third helpings nie. Baie, baie dankie.

Ons het nog van julle slaaibakke en wynglase. Ek sal self vanmiddag deurry of ‘n drywer stuur om terug te bring.

Dit word net gou gewas en ek en Deon gaan later ‘n trifle eet J

Sê vir Jandré die trifle is hemels!!! Mense wat nie eers nagereg mense is nie, het sommer twee geëet.

Groete,

Helga